Woema Artikel Februarie/ Maart 2011

MOET NOOIT SKULD ERKEN NIE.

Die meeste van ons het versekering en betaal premies elke maand getrou. 
Maar, indien ek uiteindelik die diens moet gebruik waarvoor ek so getrou betaal,dan weet ek nie waar om te begin nie,
vertel Jan Mans.

Wenke: In die geval van 'n ongeluk:

* Stop dadelik.
* Moenie die motorfiets skuif met lewensverlies of besering nie.
* Kontak dadelik die polisie of 'n ambulans.
* Kry die besonderhede van al die ander party/e wat in die ongeluk betrokke was:
volle name en vanne; woon- en werkadres; telefoonnommers, voertuigbesonderhede; en versekeringbesonderhede (dis n goeie idee
om jou versekeringmaatskappy en polisnommer êrens aan jou)
* Gee jou naam en kontakbesonderhede aan wie ook al dit nodig mag hê, MAAR moet NOOIT skuld erken nie.
* Probeer om die besonderhede van soveel moontlik ooggetuie in die hande te kry. Maak ook seker jy het die polisiebeamptes
op die toneel se besonderhede.
* Neem soveel moontlik foto's as jou kamera of selfoon nog werk en maak sketse en aantekeninge van die ongelukstoneel.
* Teken die presiese tyd en datum aan.
* Indien jou voertuig ingesleep word, maak eers seker dat die betrokke insleepdiens AA-geakkrediteer en SATRA-geregistreer is.
Hulle sal gewoonlik die AA/SATRA-embleem op hulle voertuig hê. SO nie, kan jy SATRA self kontak (0861072872) om uit te vind
of die insleepdiens wettig is.
Maak seker jy weet waarheen die insleepdiens jou voertuig neem en of jy tevrede is met die insleepkoste.
* Kontak jou makelaar of versekeringsmaatskappy! Maak seker jy het altyd jou makelaar se nommer by jou.
* In die geval van diefstal, kontak dadelik jou makelaar/versekeringsmaatskappy.  Hulle weet gewoonlik wie om te kontak om
dalk nog die fiets terug te vind. Hoe gouer jy hulle laat weet, hoe beter.
* As jy jou eisvorms voltooi, maak seker dat jy alles so volledig moontlik voltooi en alle inligting wat nodig
is saam met die eisvorm stuur (Afskrifte van ID's , lisensie, kwotasies vir die herstel , finansieringsinligting, saaknommer).
* Hoe vinniger en vollediger jy al die inligting by jou makelaar/versekeraar uitkry, hoe gladder sal jou eis verloop.

Jy is welkom om ons ongelukvorm van ons webblad( www.execubike.co.za)af te laai. Bestudeer dit sodat jy in 'n stresvolle
situasie die regte vrae sal vra en inligting kan inwin.

Grootste wenk: Ry versigtig en kyk uit vir ander se foute!